Skip to content

Welkom by Milly en Finn. Deur hierdie webwerf te gebruik en/of ’n aankoop te doen, stem jy in tot die onderstaande terme en voorwaardes. Lees dit asseblief sorgvuldig deur voordat jy ’n bestelling plaas.

1. Algemeen

Deur die webwerf te gebruik, verklaar jy dat jy minstens 18 jaar oud is en bevoeg is om kontraktuele ooreenkomste aan te gaan.

2. Produkte en beskrywings

Ons doen ons uiterste bes om akkurate beskrywings, beelde en pryse van ons produkte te vertoon.

Aangesien elke ring verskil is daar geringe variasies in grootte, kleur of ontwerp wees.

Let wel: Die prys van ons juweliersware op die webwerf is gebaseer op die huidige goudprys ten tyde van publikasie. Omdat goudpryse daagliks wissel, kan die finale prys van ’n bestelling verskil van die oorspronklike webwerf-prys. Ons sal enige verskil vooraf met jou bevestig voordat die bestelling verwerk word.

3. Pryse en betalings

Alle pryse word in Suid-Afrikaanse Rand (ZAR) aangedui en sluit BTW in, tensy anders vermeld.

Ons bied twee betalingsopsies:

  1. Volledige betaling: Betaal die volle bedrag vooruit wanneer jy jou bestelling plaas.
  2. Deposito-opsie: Betaal 50% deposito wanneer jy bestel, en die oorblywende 50% binne 30 dae (1 maand) daarna.
  • Jou bestelling sal eers versend of oorhandig word nadat die volle bedrag betaal is.
  • Indien die balans nie binne die vasgestelde tyd betaal word nie, behou ons die reg voor om die bestelling te kanselleer en die deposito te hou vir koste en materiaal.

Betaling kan gemaak word via EFT gedoen.

4. Bestellings en verwerking

Sodra jy ’n bestelling plaas, ontvang jy ’n bevestigings-e-pos.

Elke ring het gewoonlik ’n vervaardigingstyd van 10 werksdae voor versending.

Ons behou die reg voor om enige bestelling te kanselleer indien betaling nie bevestig word nie of indien materiaal nie beskikbaar is nie.

5. Aflewering

Aflewering vind plaas deur betroubare koerierdienste.

Ons is nie aanspreeklik vir verliese of skade nadat die pakket aan die koerier oorhandig is nie, maar ons sal help met enige navrae of koerier-ondersoeke.

6. Terugsendings en ruilings

Omdat ons ringe spesiaal op bestelling en volgens jou grootte en voorkeur gemaak word, kan hulle ongelukkig nie teruggestuur of geruil word nie, tensy daar ’n vervaardigingsfout is.

Indien jy ’n beskadigde of foutiewe produk ontvang, kontak ons binne 7 dae met foto’s en besonderhede.

7. Waarborg

Ons bied ’n 6 maande waarborg teen vervaardigingsfoute.

Hierdie waarborg dek nie slytasie, verkeerde hantering of skade wat deur eksterne faktore veroorsaak is nie.

8. Privaatheid

Ons beskerm jou persoonlike inligting ingevolge die POPIA-wetgewing.

Jou inligting word slegs gebruik vir bestellingverwerking en kommunikasie, en sal nooit sonder jou toestemming gedeel word nie.

9. Veranderinge aan terme

Milly en Finn mag hierdie terme en voorwaardes enige tyd wysig. Die opgedateerde weergawe sal altyd op die webwerf beskikbaar wees en is van toepassing op alle toekomstige bestellings.

10. Kontakbesonderhede

Vir enige navrae of bystand:

E-pos: info@millyenfinn.co.za

Back To Top